Friday

Justtots foto's




Justtots


Ons is op die oomblik besig met die Justtots website, en hier is van die fotos wat ons geneem het.
So hier is Caried(wat liefde beteken), Geraint en Lydia (G se meisie, wel ...volgens sy pa).
ander fotos is met Ben (G se maatjie), en ma Rachel

Monday

The W Times

Hey julle!!

Hierdie is sommer 'n maklike manier om almal and everyone op datum te hou oor wat hier in Wallis met die Welmans gebeur.
Dit gebeur vinnig, dit gebeur baie en ons ervaar dinge wat ons graag sommer met julle wil deel.
Sommer bietjie sê waar ons is,
wat ons beplan,
en waarheen ons gaan, plekke wat ons besoek, mense wat ons ontmoet...
wat met Big G (Geraint) gebeur, met Lussna en ook met my...

Geniet dit, laat gerus 'comments' langs die nuusbrokkie.
Teken aan op ons 'subscriber e-mail' wat dan alle nuus deur e-mail vir julle aanstuur.

Wille September 2008

The W-Times:

Hier is sommer 'n grrrrooot update van wat gebeur hier in die Rhondda, Wallis.

Eerstens moet die goeie nuus gedeel word, ons verwag ons tweede enetjie die 29st Maart 2009. Lussna is hond siek op die oomblik... so alles wys mooi na 'n dogtertjie!!

Big G:
Geraint gaan skooltoe (Treorchy Primary) begin Oktober, maar tot dan kyk Chloe nog na hom. Hy het onlangs tot die ontdekking gekom dat mense nie kan vlieg nie, maar slegs 'birdies', want ons het nie vlerke nie.
Lussna:
Luss het sommer, by die diepkant ingegooi, by Treorchy Comprehensive School met haar supply teaching begin wat tot Desember werk gee.
Ons is so opgewonde oor die verwikkelinge om www.justtots.co.uk teen November 'up-and-running' te hê. Lussna het nou 'n advertensies in groot 'mamma-baba' tydskrifte, ander websites, 'n nuwe rekenaar, printer ens. Sy is een van die dae haar eie baas en met die nuweling oppad is ons opgewonde oor die tyd wat sy van die huis af sal kan werk en nie hoef skool te hou nie.
Chris:
Ek werk nog steeds by Sporting Marvels, nou hul 'Event Manager'. Intussen het ek ook by TTK Greenhouse betrokke geraak wat 'n Sport Akademie in die Rhondda is waar ek verskriklik baie leer. Droom nou al 'n rukkie van my eie Sport Leadership Academy

Ons moet dalk uit ons huis uittrek binne-kort (nie dat ons regtig wil nie, want ons bly so lekkker), wat die eienaars wil weer terug trek na hul eie huis.

kontak ons gerus by welman7@gmail.com of welman@24.com

Ireland Toer

"I'm the most wanted
man on my island"
"You mean Ireland?"

"YES, IT'S MINE!!"

(Madman out of
'Braveheart')

Dis hoe ons gevoel het na 'n lieflike week in Ierland, sal sommer net daar wil gaan bly!
Een van die natste, koudste somers nog op rekord, en was die wêreld groen, maar NAT...

Ons toertjie het die 12de Augustus begin op 'n Ferry wat ons van Pembroke na Rosslare geneem het.
Ons eerste aand was aangedurf in ons tent net buitekant Wexram, en gelukkig die nag oorleef ten spyte van reën wat van alle kante afgekom het.

Ons het die volgende dag pa Chris en Nerina in Dublin ontmoet waar ons so 'n klein toertjie ondergaan het van die lieflike stad. Lussna en Nerina het by die Trinity College Dublin vasgehaak vir 'n uurtjie.

Ons het saam met Paul (pa se vernoot) en sy vrou, 'n ete geniet in
Howth - (picturesque harbour) naby Malahide. Pragtig!!
Ons moes natuurlik vir Big G (Geraint) by die see stop, want in die sand gaan hy speel. En het hy gespeel?!! Dit was ons enigste sonskyn dag, en ons is bly ons het eers nege uur terug tent toe gegaan - die meeste gemaak van Dublin!

Daarna is ons deur Drogheda -historiese dorpie en Lisburn oppad na Belfast. Pa was vir ons goed, en het ons die aand in 'n Youth Hostel geslaap. Die volgende oggend het ons regte egte Ierse 'Black Cab Tour' gehad. Jimmy was 'n ware Ier, en ons moes mooi luister na die geskiedenis van Belfast en die alombekende tryd tussen die Katolieke en Protestante. Was 'n belewenis om eerstehands die gesiekdenis te kon waardeer.The Gaint's Causeway
Hierdie is so mooi storie dat julle gerus hierdie kan lees. Finn McCool is die legende wat met 'n reus van Skotland skoor gesoek het...lees die volle storie by Finn McCool 'tag'.

Van daar af het ons in Londonderry ( of Derry soos die Katolieke dit noem) gedraai en die enigste stad in Europa besoek wat nog sy oorspronklike stadsmure het. Kon ons inleef en verbeel hoe dit moes wees om in daardie tyd te kon leef. 'n Stukkie van 'Amazing Grace' is in Londonderry - die kerk waar die ou priester (wat die skeepskaptein was) sy laaste dae deurgebring het.

Kuslangs om Galway was besonders mooi, en dis hier waar ons maklik kon gaan bly het. So ongerep en rustig, weg van die gejaag van die stad. Daar het ons ook by die Cliff's of Moher, wat 'n stukkie van hemel was gestop.

Ons het hierdie asemrowende mooi sprokies plek gekry - Kylemore Abbey.
Dis 'n werkende privaat kerk en skool vir meisies, en die geskiedenis laat jou verwonderd staan!

Na al die lekker kuier en baie ry, is ons terug na Wexford waar ons die Ferry weer terug huis te gevat het...

Saturday

Finn McCool

Finn McCool (Fionn mac Cumhail) an Irish Giant lived on an Antrim headland and one day when going about his daily business a Scottish Giant named Fingal began to shout insults and hurl abuse from across the channel. In anger Finn lifted a clod of earth and threw it at the giant as a challenge, the earth landed in the sea.

Fingal retaliated with a rock thrown back at Finn and shouted that Finn was lucky that he wasn't a strong swimmer or he would have made sure he could never fight again.

Finn was enraged and began lifting huge clumps of earth from the shore, throwing them so as to make a pathway for the Scottish giant to come and face him. However by the time he finished making the crossing he had not slept for a week and so instead devised a cunning plan to fool the Scot.

Finn realised to his horror that his opponent was a larger and more fearsome rival than he anticipated. He fled to his home in the nearby hills, and like any sensible man, asked his wife for advice. Oonagh, a practical woman, disguised Finn as a baby, complete with large nightgown and bonnet.

Finn disguised himself as a baby in a cot and when his adversary came to face him Finn's wife told the Giant that Finn was away but showed him his son sleeping in the cradle. The Scottish giant became apprehensive, for if the son was so huge, what size would the father be?

In his haste to escape Fingal sped back along the causeway Finn had built, tearing it up as he went. He is said to have fled to a cave on Staffa which is to this day named 'Fingal's Cave'.

Other versions of the legend include Finn throwing a huge piece of earth which then became the Isle Of Man and the hole which it left behind became Lough Neagh.