Hier is sommer 'n grrrrooot update van wat gebeur hier in die Rhondda, Wallis.
Eerstens moet die goeie nuus gedeel word, ons verwag ons tweede enetjie die 29st Maart 2009. Lussna is hond siek op die oomblik... so alles wys mooi na 'n dogtertjie!!
Big G:
Geraint gaan skooltoe (Treorchy Primary) begin Oktober, maar tot dan kyk Chloe nog na hom. Hy het onlangs tot die ontdekking gekom dat mense nie kan vlieg nie, maar slegs 'birdies', want ons het nie vlerke nie.
Lussna:
Luss het sommer, by die diepkant ingegooi, by Treorchy Comprehensive School met haar supply teaching begin wat tot Desember werk gee.
Ons is so opgewonde oor die verwikkelinge om www.justtots.co.uk teen November 'up-and-running' te hĂȘ. Lussna het nou 'n advertensies in groot 'mamma-baba' tydskrifte, ander websites, 'n nuwe rekenaar, printer ens. Sy is een van die dae haar eie baas en met die nuweling oppad is ons opgewonde oor die tyd wat sy van die huis af sal kan werk en nie hoef skool te hou nie.
Chris:
Ek werk nog steeds by Sporting Marvels, nou hul 'Event Manager'. Intussen het ek ook by TTK Greenhouse betrokke geraak wat 'n Sport Akademie in die Rhondda is waar ek verskriklik baie leer. Droom nou al 'n rukkie van my eie Sport Leadership Academy
Ons moet dalk uit ons huis uittrek binne-kort (nie dat ons regtig wil nie, want ons bly so lekkker), wat die eienaars wil weer terug trek na hul eie huis.
kontak ons gerus by welman7@gmail.com of welman@24.com

No comments:
Post a Comment